Koekstruif
Gedeel op 16 Oktober 2026
- 8 porsies
- ± 45 minute plus verkoel
Voeg by my maaltydplan
Teken in om 'n maaltydplan te maak.
Bestanddele
- 1 sponskoek
- 37,5 ml appelkooskonfyt
- 410 g ingemaakte appelkose (of ander vrugte)
- 25 ml sjerrie
- 500 ml melk
- 25 ml vlapoeier
- 25 ml suiker
- 250 ml room
- 1 eierwit
- Kersies en neute om te versier
Wat kort jy? 10 bestanddele.
Maak my boodskaplysMate omskakel
Metode
- Smeer die konfyt oor die koek, sny in blokkies en pak dit in 'n glasbak.
- Meng die sjerrie met die stroop van die vrugte en giet dit oor die koek. Sny die appelkose en skep oor.
- Meng die suiker en vlapoeier met 'n bietjie van die melk. Verhit die res van die melk, roer die pasta in en kook tot dik. Laat afkoel en giet oor die vrugte.
- Klits die eierwit styf, vou die geklopte room in en skep bo-op.
- Versier met kersies en neute en laat koud word in die yskas.
Oorgeskryf uit “Onthou jy nog? Praktiese en heerlike Voortrekker-resepte”, saamgestel deur Anna Eksteen (2005).
Op die kombuistafel (0)
Het jy dit gemaak? Wys ons! Voeg 'n foto by jou kommentaar. Die foto met die meeste lepels op word die hooffoto van hierdie resep.