Spring na die inhoud
Teken in
Terte en poedings

Outydse asynpoeding

Naaf se Kombuis Suid-Afrika
Gedeel op 16 Oktober 2026
  • 6 porsies
  • ± 1 uur
0 Boodskaplys
Voeg by my maaltydplan

Teken in om 'n maaltydplan te maak.

Bestanddele

Sous

  • 500 ml water
  • 500 ml suiker
  • 125 ml asyn

Deeg

  • 30 ml botter
  • 125 ml strooisuiker
  • 2 eiers
  • 375 ml koekmeelblom
  • 5 ml koeksoda
  • 10 ml gemmer
  • 1 ml sout
  • 2 ml neutmuskaat
  • 30 ml appelkooskonfyt

Wat kort jy? 10 bestanddele.

Maak my boodskaplys
Mate omskakel
250 ml is 1 koppie (SA). 180 °C is 356 °F.

Metode

  1. Bring die water, suiker en asyn tot kookpunt, laat vyf minute prut en laat dan afkoel.
  2. Verhit die oond tot 180 °C en smeer 'n oondbak van 26 cm.
  3. Room die botter en suiker en klits die eiers een vir een in.
  4. Sif die droë bestanddele saam en roer dit in, gevolg deur die konfyt.
  5. Skep die deeg in die bak en giet die koue sous bo-oor.
  6. Bak 30 tot 40 minute tot goudbruin. Bedien met vla of roomys.

Oorgeskryf uit “Onthou jy nog? Praktiese en heerlike Voortrekker-resepte”, saamgestel deur Anna Eksteen (2005).

Op die kombuistafel (0)

Het jy dit gemaak? Wys ons! Voeg 'n foto by jou kommentaar. Die foto met die meeste lepels op word die hooffoto van hierdie resep.

Teken in om saam te gesels

Nog uit terte en poedings

Deel Outydse asynpoeding

WhatsApp Facebook X Telegram E-pos