Malvapoeding met roomsous
Gedeel op 2 November 2026
- 8 porsies
- ± 1 uur
Die storie agter die resep
'n Tweede weergawe, met 'n ryker roomsous.
Voeg by my maaltydplan
Teken in om 'n maaltydplan te maak.
Bestanddele
- 250 ml suiker
- 1 eier
- 15 ml appelkooskonfyt
- 250 ml koekmeelblom
- 5 ml koeksoda
- Knippie sout
- 15 ml botter
- 5 ml asyn
- 125 ml melk
Sous
- 250 ml room
- 125 g botter
- 125 ml suiker
- 125 ml warm water
Wat kort jy? 9 bestanddele.
Maak my boodskaplysMate omskakel
Metode
- Verhit die oond tot 180 °C.
- Klits die suiker en eier tot lig en klits die konfyt in.
- Smelt die botter, meng met die asyn en melk, en voeg dit om die beurt met die gesifte droë bestanddele by.
- Bak 45 minute in 'n gesmeerde bak.
- Smelt die sousbestanddele saam en giet oor sodra die poeding uit die oond kom.
Naaf se Kombuis: tradisionele resep, in ons eie woorde.
Op die kombuistafel (0)
Het jy dit gemaak? Wys ons! Voeg 'n foto by jou kommentaar. Die foto met die meeste lepels op word die hooffoto van hierdie resep.