Tradisionele melktert
Gedeel op 2 November 2026
- 1 groot tert
- ± 2 uur
Die storie agter die resep
Met 'n egte kors en 'n dik laag kaneel, soos by die kerkbasaar.
Voeg by my maaltydplan
Teken in om 'n maaltydplan te maak.
Bestanddele
Kors
- 125 g botter
- 125 ml suiker
- 1 eier
- 500 ml koekmeelblom
- 5 ml bakpoeier
- Knippie sout
Vulsel
- 1 liter melk
- 1 kaneelstokkie
- 30 ml botter
- 3 eiers
- 250 ml suiker
- 60 ml mielieblom
- 30 ml koekmeelblom
- 5 ml vanieljegeursel
- Fyn kaneel
Wat kort jy? 10 bestanddele.
Maak my boodskaplysMate omskakel
Metode
- Room die botter en suiker, klits die eier in en werk die meel, bakpoeier en sout in.
- Druk die deeg in 'n groot tertbord en bak 15 minute blind by 180 °C.
- Verhit die melk, kaneelstokkie en botter tot net onder kookpunt.
- Klits die eiers, suiker, mielieblom en meel tot glad.
- Giet 'n bietjie warm melk by die eiermengsel, roer dit terug in die kastrol en kook tot dik, terwyl jy aanhoudend roer.
- Roer die vanielje in, haal die kaneelstokkie uit en giet in die kors.
- Strooi kaneel oor en laat stol.
Naaf se Kombuis: tradisionele resep, in ons eie woorde.
Op die kombuistafel (0)
Het jy dit gemaak? Wys ons! Voeg 'n foto by jou kommentaar. Die foto met die meeste lepels op word die hooffoto van hierdie resep.