Sagopoeding
Gedeel op 17 Oktober 2026
- 6 porsies
- ± 1 uur
Voeg by my maaltydplan
Teken in om 'n maaltydplan te maak.
Bestanddele
- 750 ml melk
- 125 ml sago
- 15 ml margarien
- Knippie sout
- 75 ml witsuiker
- 50 ml appelkooskonfyt
- 6 ekstra groot eiers
Wat kort jy? 6 bestanddele.
Maak my boodskaplysMate omskakel
Metode
- Verhit die melk, sago, margarien en sout in 'n dikboomkastrol tot kookpunt. Draai laer en prut, terwyl jy gereeld roer, totdat die sago deurskynend is.
- Verhit die oond tot 200 °C en sit 'n pan met kookwater op die onderste rak. Smeer 'n oondbak van sowat 25 x 15 cm.
- Klits die suiker, konfyt en eiers saam en meng dit goed by die sago.
- Giet in die bak en bak 25 tot 30 minute, tot goudbruin en gaar. Bedien louwarm met vla.
Oorgeskryf uit “Onthou jy nog? Praktiese en heerlike Voortrekker-resepte”, saamgestel deur Anna Eksteen (2005).
Op die kombuistafel (0)
Het jy dit gemaak? Wys ons! Voeg 'n foto by jou kommentaar. Die foto met die meeste lepels op word die hooffoto van hierdie resep.