Spring na die inhoud
Teken in
Brood en beskuit

Karringmelkbeskuit

Naaf se Kombuis Suid-Afrika
Gedeel op 16 Oktober 2026
  • ± 110 stukke
  • ± 1½ uur plus uitdroog
0 Boodskaplys
Voeg by my maaltydplan

Teken in om 'n maaltydplan te maak.

Bestanddele

  • 9 x 250 ml volkoringmeel
  • 4 x 250 ml koekmeelblom
  • 45 ml vlapoeier
  • 25 ml koeksoda
  • 15 ml kremetart
  • 20 ml sout
  • 500 ml suiker
  • 1,5 liter karringmelk
  • 500 ml olie
  • 60 ml druiweasyn

Wat kort jy? 9 bestanddele.

Maak my boodskaplys
Mate omskakel
250 ml is 1 koppie (SA). 180 °C is 356 °F.

Metode

  1. Verhit die oond tot 180 °C. Smeer twee groot broodpanne (34 x 11 x 7 cm) en strooi 'n bietjie volkoringmeel in.
  2. Sif die volkoringmeel, koekmeelblom, vlapoeier, koeksoda, kremetart en sout saam. Gooi die semels wat in die sif bly, terug in die bak.
  3. Roer die suiker in.
  4. Meng die karringmelk, olie en asyn en roer dit met 'n houtlepel deur die droë bestanddele.
  5. Skep in die panne, maak gelyk en bak 'n uur lank, of tot 'n toetspen skoon uitkom.
  6. Laat effens afkoel, keer uit en laat heeltemal koud word.
  7. Sny in stukke en droog uit by 100 °C.

Oorgeskryf uit “Onthou jy nog? Praktiese en heerlike Voortrekker-resepte”, saamgestel deur Anna Eksteen (2005).

Op die kombuistafel (0)

Het jy dit gemaak? Wys ons! Voeg 'n foto by jou kommentaar. Die foto met die meeste lepels op word die hooffoto van hierdie resep.

Teken in om saam te gesels

Nog uit brood en beskuit

Deel Karringmelkbeskuit

WhatsApp Facebook X Telegram E-pos