Anysbeskuit
Gedeel op 2 November 2026
- ± 60 stukke
- 'n Dag
Die storie agter die resep
Die geur van anys in die oond is die geur van ouma se kombuis.
Voeg by my maaltydplan
Teken in om 'n maaltydplan te maak.
Bestanddele
- 2 kg bruismeel
- 10 ml sout
- 15 ml anyssaad
- 375 g botter
- 375 ml suiker
- 4 eiers
- ± 750 ml melk
Wat kort jy? 6 bestanddele.
Maak my boodskaplysMate omskakel
Metode
- Verhit die oond tot 180 °C en smeer twee broodpanne.
- Meng die meel, sout en anys.
- Smelt die botter en suiker saam en laat afkoel.
- Klits die eiers en melk by die botter en meng dit tot 'n stywe deeg.
- Rol in balletjies en pak styf in die panne.
- Bak 'n uur lank, laat afkoel, breek in stukke en droog uit by 100 °C.
Naaf se Kombuis: tradisionele resep, in ons eie woorde.
Op die kombuistafel (0)
Het jy dit gemaak? Wys ons! Voeg 'n foto by jou kommentaar. Die foto met die meeste lepels op word die hooffoto van hierdie resep.