Gemmerkoekies
Gedeel op 17 Oktober 2026
- ± 45 minute plus verkoel
Voeg by my maaltydplan
Teken in om 'n maaltydplan te maak.
Bestanddele
- 125 ml botter
- 125 ml gouestroop
- 1 eier
- 750 ml koekmeelblom
- 250 ml suiker
- 15 ml gemmer
- 5 ml koeksoda
- 2 ml sout
- 35 ml melk
Wat kort jy? 8 bestanddele.
Maak my boodskaplysMate omskakel
Metode
- Verhit die oond tot 180 °C en smeer 'n bakplaat.
- Smelt die botter, roer die stroop in en laat afkoel. Klits dan die eier in.
- Sif die droë bestanddele saam en roer dit om die beurt met die melk by die stroopmengsel in.
- Sit die deeg in die yskas totdat dit styf genoeg is om mee te werk.
- Rol balletjies, pak hulle op die plaat en druk effens plat met 'n vurk.
- Bak sowat 10 minute, tot ligbruin.
Oorgeskryf uit “Onthou jy nog? Praktiese en heerlike Voortrekker-resepte”, saamgestel deur Anna Eksteen (2005).
Op die kombuistafel (0)
Het jy dit gemaak? Wys ons! Voeg 'n foto by jou kommentaar. Die foto met die meeste lepels op word die hooffoto van hierdie resep.