Ouma Anna se soetkoekies
Gedeel op 2 November 2026
- 'n Groot blik vol
- ± 2 uur
Die storie agter die resep
'n Tweede weergawe, met wyn en speserye soos aan die Kaap.
Voeg by my maaltydplan
Teken in om 'n maaltydplan te maak.
Bestanddele
- 1 kg koekmeelblom
- 500 g bruinsuiker
- 10 ml koeksoda
- 10 ml kaneel
- 5 ml fyn naeltjies
- 5 ml gemmer
- 250 g botter
- 2 eiers
- 125 ml soet wyn
Wat kort jy? 9 bestanddele.
Maak my boodskaplysMate omskakel
Metode
- Meng die droë bestanddele en vryf die botter in.
- Klits die eiers en wyn en meng tot 'n stywe deeg.
- Laat 'n uur rus, rol dun uit en druk vormpies uit.
- Bak 10 minute by 180 °C tot ligbruin.
Naaf se Kombuis: tradisionele resep, in ons eie woorde.
Op die kombuistafel (0)
Het jy dit gemaak? Wys ons! Voeg 'n foto by jou kommentaar. Die foto met die meeste lepels op word die hooffoto van hierdie resep.