Spring na die inhoud
Teken in
Brood en beskuit

Potbrood

Naaf se Kombuis Suid-Afrika
Gedeel op 2 November 2026
  • 1 groot brood
  • ± 3 uur
0 Boodskaplys

Die storie agter die resep

Gebak in die driepootpot met kole onder en bo-op die deksel.

Voeg by my maaltydplan

Teken in om 'n maaltydplan te maak.

Bestanddele

  • 1 kg witbroodmeel
  • 10 g kitsgis
  • 10 ml sout
  • 10 ml suiker
  • 30 ml botter, gesmelt
  • ± 600 ml louwarm water
  • Botter om die pot te smeer

Wat kort jy? 5 bestanddele.

Maak my boodskaplys
Mate omskakel
250 ml is 1 koppie (SA). 180 °C is 356 °F.

Metode

  1. Meng die droë bestanddele, voeg die botter en water by en knie tot 'n gladde, sagte deeg.
  2. Laat op 'n warm plek rys tot dubbel die grootte.
  3. Smeer 'n plat gietysterpot goed met botter, knie die deeg af en sit dit in die pot.
  4. Maak toe en laat weer rys tot dit amper die deksel raak.
  5. Sit die pot oor 'n paar kole en skep kole bo-op die deksel.
  6. Bak sowat 'n uur lank, en vervang die kole bo-op so nou en dan. Die brood is gaar as dit hol klink.

Naaf se Kombuis: tradisionele resep, in ons eie woorde.

Op die kombuistafel (0)

Het jy dit gemaak? Wys ons! Voeg 'n foto by jou kommentaar. Die foto met die meeste lepels op word die hooffoto van hierdie resep.

Teken in om saam te gesels

Nog uit brood en beskuit

Deel Potbrood

WhatsApp Facebook X Telegram E-pos