Ouma se pondkoek
Gedeel op 2 November 2026
- 1 koek
- ± 1½ uur
Voeg by my maaltydplan
Teken in om 'n maaltydplan te maak.
Bestanddele
- 250 g botter
- 250 g strooisuiker
- 4 eiers
- 250 g koekmeelblom
- 5 ml bakpoeier
- 5 ml vanieljegeursel
- 30 ml melk
Wat kort jy? 7 bestanddele.
Maak my boodskaplysMate omskakel
Metode
- Verhit die oond tot 170 °C en voer 'n broodpan uit.
- Room die botter en suiker baie goed.
- Klits die eiers een vir een in.
- Vou die gesifte meel en bakpoeier in, saam met die vanielje en melk.
- Bak sowat 'n uur, tot goudbruin en gaar.
Naaf se Kombuis: tradisionele resep, in ons eie woorde.
Op die kombuistafel (0)
Het jy dit gemaak? Wys ons! Voeg 'n foto by jou kommentaar. Die foto met die meeste lepels op word die hooffoto van hierdie resep.