Kondensmelk-beskuit
Gedeel op 2 November 2026
- ± 50 stukke
- 'n Dag
Voeg by my maaltydplan
Teken in om 'n maaltydplan te maak.
Bestanddele
- 1 kg bruismeel
- 5 ml bakpoeier
- 5 ml sout
- 125 ml suiker
- 250 g botter
- 1 blikkie (397 g) kondensmelk
- 2 eiers
- 250 ml karringmelk
Wat kort jy? 7 bestanddele.
Maak my boodskaplysMate omskakel
Metode
- Verhit die oond tot 180 °C en smeer twee broodpanne.
- Meng die meel, bakpoeier, sout en suiker en vryf die botter in.
- Klits die kondensmelk, eiers en karringmelk saam en meng dit in.
- Druk die deeg in die panne en sny met 'n nat mes in blokke.
- Bak sowat 50 minute, laat afkoel, breek op en droog uit by 100 °C.
Naaf se Kombuis: tradisionele resep, in ons eie woorde.
Op die kombuistafel (0)
Het jy dit gemaak? Wys ons! Voeg 'n foto by jou kommentaar. Die foto met die meeste lepels op word die hooffoto van hierdie resep.