Koeksisters
Gedeel op 17 Oktober 2026
- 5–6 dosyn
- ± 3 uur
Die storie agter die resep
Die geheim is die kontras: kokende olie, yskoue stroop.
Voeg by my maaltydplan
Teken in om 'n maaltydplan te maak.
Bestanddele
Stroop (maak eerste, dit moet yskoud wees)
- 4 koppies suiker
- 375 ml water
- 2,5 ml kremetart
- 2,5 ml fyn gemmer
- 2 stukke pypkaneel
- 5–10 ml gliserien
Deeg
- 4 koppies meelblom
- 2,5 ml sout
- 30 ml bakpoeier
- 50 ml botter of margarien
- 1 eier
- 250–375 ml melk of water
- Olie om in te bak
Wat kort jy? 11 bestanddele.
Maak my boodskaplysMate omskakel
Metode
- Stroop: los die suiker in die water op, voeg die kremetart, gemmer en kaneel by en kook vyf minute. Roer die gliserien in net voor jy dit van die stoof afhaal; dit maak die koeksisters blink.
- Laat die stroop afkoel en hou die bak daarna in 'n groter bak met ys, sodat dit yskoud bly.
- Deeg: sif die droë bestanddele, vryf die botter in, klits die eier met die melk en maak 'n sagte deeg aan. Knie glad en laat minstens twee uur rus.
- Rol 1 cm dik uit, sny in repies en vleg of draai hulle.
- Bak vyf of ses op 'n slag een tot twee minute in warm olie, tot ligbruin aan albei kante.
- Dreineer 'n oomblik en dompel hulle dan 'n paar sekondes in die yskoue stroop.
Oorgeskryf uit “Onthou jy nog? Praktiese en heerlike Voortrekker-resepte”, saamgestel deur Anna Eksteen (2005).
Op die kombuistafel (0)
Het jy dit gemaak? Wys ons! Voeg 'n foto by jou kommentaar. Die foto met die meeste lepels op word die hooffoto van hierdie resep.