Mebos
Gedeel op 17 Oktober 2026
- ± 2 uur
Voeg by my maaltydplan
Teken in om 'n maaltydplan te maak.
Bestanddele
- 1,5 kg droë appelkooshelftes
- Kookwater
- 15 ml sout
- 1,5 kg suiker
- Ekstra suiker om in te rol
Wat kort jy? 3 bestanddele.
Maak my boodskaplysMate omskakel
Metode
- Bedek die appelkose met kookwater en laat net tien minute week, anders word hulle te pap.
- Dreineer, spoel onder koue water af en druk so droog moontlik.
- Maal die appelkose fyn in 'n voedselverwerker of twee keer deur 'n vleismeule.
- Meng die sout in, dan die suiker, en laat 'n uur lank onder 'n lap staan.
- Vorm balletjies, rol in suiker en druk plat.
- Pak in lae in 'n blik, met botterpapier en 'n lagie suiker tussenin.
Oorgeskryf uit “Onthou jy nog? Praktiese en heerlike Voortrekker-resepte”, saamgestel deur Anna Eksteen (2005).
Op die kombuistafel (0)
Het jy dit gemaak? Wys ons! Voeg 'n foto by jou kommentaar. Die foto met die meeste lepels op word die hooffoto van hierdie resep.