Spring na die inhoud
Teken in
Potjie en kampkos

Kerrie-groentebredie in die potjie

Naaf se Kombuis Suid-Afrika
Gedeel op 17 Oktober 2026
  • 6 porsies
  • ± 1 uur
0 Boodskaplys
Voeg by my maaltydplan

Teken in om 'n maaltydplan te maak.

Bestanddele

  • 250 g gaar bruin bone
  • 250 g stowe-lamsvleis
  • 25 ml olie
  • 2 uie, gekap
  • 1 knoffelhuisie, gekneus
  • 5 ml komynsaad
  • 5 ml fyn koljander
  • 5 ml gemengde kruie
  • 2 ml matige kerriepoeier
  • 1 groen soetrissie, gekap
  • 250 g murgpampoentjies, in skywe
  • 8 klein aartappeltjies, halfgaar in die skil
  • 250 ml wortels, in skywe
  • 1 klein blomkool, in blommetjies
  • 1 biefaftrekselblokkie in 350 ml kookwater
  • 50 ml tamatiepuree
  • 100 g rosyne
  • Suiker, sout en peper na smaak

Wat kort jy? 18 bestanddele.

Maak my boodskaplys
Mate omskakel
250 ml is 1 koppie (SA). 180 °C is 356 °F.

Metode

  1. Verhit die olie en soteer die vleis, ui en knoffel tot die vleis bruin is.
  2. Voeg die komyn, koljander, kruie en kerrie by en braai nog twee minute.
  3. Pak die groente en bone in, giet die aftreksel oor en bring tot kookpunt.
  4. Roer die tamatiepuree en rosyne in, draai laer en prut 'n halfuur.
  5. Geur na smaak. Werk net so goed in 'n potjie oor die kole.

Oorgeskryf uit “Onthou jy nog? Praktiese en heerlike Voortrekker-resepte”, saamgestel deur Anna Eksteen (2005).

Op die kombuistafel (0)

Het jy dit gemaak? Wys ons! Voeg 'n foto by jou kommentaar. Die foto met die meeste lepels op word die hooffoto van hierdie resep.

Teken in om saam te gesels

Nog uit potjie en kampkos

Deel Kerrie-groentebredie in die potjie

WhatsApp Facebook X Telegram E-pos