Stywepap
Gedeel op 15 Oktober 2026
- ± 40 minute
Voeg by my maaltydplan
Teken in om 'n maaltydplan te maak.
Bestanddele
- 1 liter water
- 12,5 ml sout
- 750 ml mieliemeel
- 12,5 ml botter
- 10 ml olyfolie
Wat kort jy? 3 bestanddele.
Maak my boodskaplysMate omskakel
Metode
- Bring die water tot kookpunt en gooi die sout in.
- Roer met 'n vurk (nie 'n lepel nie) genoeg mieliemeel in om die pap taamlik dik te maak.
- Vou die botter en olie in.
- Sit die deksel op en laat sowat 'n halfuur oor lae hitte stoom. Moenie te veel loer nie, anders rys die pap nie.
Oorgeskryf uit “Onthou jy nog? Praktiese en heerlike Voortrekker-resepte”, saamgestel deur Anna Eksteen (2005).
Op die kombuistafel (0)
Het jy dit gemaak? Wys ons! Voeg 'n foto by jou kommentaar. Die foto met die meeste lepels op word die hooffoto van hierdie resep.