Karringmelk-bruinbrood
Gedeel op 2 November 2026
- 1 brood
- ± 1 uur
Die storie agter die resep
Geen knie, geen rys nie. Net meng en bak.
Voeg by my maaltydplan
Teken in om 'n maaltydplan te maak.
Bestanddele
- 500 ml volkoringmeel
- 250 ml koekmeelblom
- 10 ml koeksoda
- 5 ml sout
- 30 ml bruinsuiker
- 500 ml karringmelk
- 30 ml olie
- Sonneblomsaad om oor te strooi
Wat kort jy? 7 bestanddele.
Maak my boodskaplysMate omskakel
Metode
- Verhit die oond tot 180 °C en smeer 'n broodpan.
- Meng die droë bestanddele.
- Roer die karringmelk en olie in tot net gemeng.
- Skep in die pan, strooi die sade oor en bak sowat 50 minute.
- Laat effens afkoel voor jy sny.
Naaf se Kombuis: tradisionele resep, in ons eie woorde.
Op die kombuistafel (0)
Het jy dit gemaak? Wys ons! Voeg 'n foto by jou kommentaar. Die foto met die meeste lepels op word die hooffoto van hierdie resep.