Appelkooskonfyt
Gedeel op 17 Oktober 2026
- ± 1 uur plus oornag
Voeg by my maaltydplan
Teken in om 'n maaltydplan te maak.
Bestanddele
- 1 kg appelkose
- 5 x 250 ml suiker
Wat kort jy? 2 bestanddele.
Maak my boodskaplysMate omskakel
Metode
- Was en halveer die appelkose en verwyder die pitte.
- Pak die vrugte in lae met die suiker in 'n groot kastrol en laat 12 uur staan.
- Verhit stadig totdat al die suiker opgelos is.
- Kook sowat 'n halfuur vinnig en skep die skuim af. Die konfyt moet helder wees en dik val.
- Skep in warm, droë, gesteriliseerde flesse en verseël dadelik.
Oorgeskryf uit “Onthou jy nog? Praktiese en heerlike Voortrekker-resepte”, saamgestel deur Anna Eksteen (2005).
Op die kombuistafel (0)
Het jy dit gemaak? Wys ons! Voeg 'n foto by jou kommentaar. Die foto met die meeste lepels op word die hooffoto van hierdie resep.