Komkommerpiekels
Gedeel op 16 Oktober 2026
- ± 5 liter
- ± 45 minute
Voeg by my maaltydplan
Teken in om 'n maaltydplan te maak.
Bestanddele
- 12 gewone komkommers (nie Engelse nie)
- 1,25 liter warm water
- 500 ml druiweasyn
- 20 ml sout
- 60 ml suiker
- 5 rooi brandrissies (opsioneel)
- 16 peperkorrels
- 8 lourierblare
- 10 ml piekelspeserye
- 5 knoffelhuisies
Wat kort jy? 8 bestanddele.
Maak my boodskaplysMate omskakel
Metode
- Moenie die komkommers skil nie. Krap hulle in die lengte met 'n vurk, sny in kwarte en dan in stukke van 1 cm.
- Bring die res van die bestanddele tot kookpunt, voeg die komkommer by en bring weer tot kookpunt.
- Skep die komkommer met 'n gaatjieslepel in gesteriliseerde flesse en sit 'n brandrissie in elkeen.
- Syg die vloeistof, skep 'n teelepel van die speserye in elke fles en vul tot bo met die vloeistof.
- Verseël dadelik.
Oorgeskryf uit “Onthou jy nog? Praktiese en heerlike Voortrekker-resepte”, saamgestel deur Anna Eksteen (2005).
Op die kombuistafel (0)
Het jy dit gemaak? Wys ons! Voeg 'n foto by jou kommentaar. Die foto met die meeste lepels op word die hooffoto van hierdie resep.