Stroop-poffertjies
Gedeel op 31 Oktober 2026
- ± 30 stukke
- ± 1 uur
Voeg by my maaltydplan
Teken in om 'n maaltydplan te maak.
Bestanddele
Stroop (eerste maak, moet koud wees)
- 1 liter water
- 1 kg suiker
- Sap van 1 suurlemoen
Beslag
- 500 g bruismeel
- 60 ml suiker
- 2 eiers
- 30 ml margarien
- 500 ml kookwater
- Olie om te braai
Wat kort jy? 6 bestanddele.
Maak my boodskaplysMate omskakel
Metode
- Kook die water en suiker 10 minute, roer die suurlemoensap in en verkoel tot yskoud.
- Klits die suiker, margarien en eiers, voeg die meel en kookwater by tot 'n slap beslag.
- Braai lepelsvol in matige olie tot goudbruin.
- Doop dadelik in die koue stroop.
Naaf se Kombuis: tradisionele resep, in ons eie woorde.
Op die kombuistafel (0)
Het jy dit gemaak? Wys ons! Voeg 'n foto by jou kommentaar. Die foto met die meeste lepels op word die hooffoto van hierdie resep.