Pynappel-yskastert
Gedeel op 1 November 2026
- 1 tert
- ± 30 minute plus stol
Voeg by my maaltydplan
Teken in om 'n maaltydplan te maak.
Bestanddele
- 1 pakkie Tennis-beskuitjies
- 1 pakkie pynappeljellie
- 250 ml kookwater
- 1 blikkie (397 g) kondensmelk
- 1 blik (440 g) fyn pynappel
- 250 ml room, geklop
Wat kort jy? 5 bestanddele.
Maak my boodskaplysMate omskakel
Metode
- Voer 'n vierkantige bak uit met die beskuitjies.
- Los die jellie in die kookwater op en laat afkoel.
- Klits die kondensmelk en jellie saam en roer die pynappel en room in.
- Giet oor die beskuitjies en laat in die yskas stol.
Naaf se Kombuis: tradisionele resep, in ons eie woorde.
Op die kombuistafel (0)
Het jy dit gemaak? Wys ons! Voeg 'n foto by jou kommentaar. Die foto met die meeste lepels op word die hooffoto van hierdie resep.