Granadilla-yskastert
Gedeel op 1 November 2026
- 1 tert
- ± 30 minute plus stol
Voeg by my maaltydplan
Teken in om 'n maaltydplan te maak.
Bestanddele
- 1 blik (380 g) ingedampte melk, oornag verkoel
- 125 ml strooisuiker
- 1 blikkie (110 g) granadillapulp
- 1 pakkie suurlemoenjellie
- 250 ml kookwater
- 2 pakkies Tennis-beskuitjies
Wat kort jy? 5 bestanddele.
Maak my boodskaplysMate omskakel
Metode
- Klop die koue ingedampte melk tot styf en klits die suiker en pulp in.
- Los die jellie in die kookwater op, laat afkoel en meng in.
- Pak lae beskuitjies en mengsel in 'n bak.
- Laat in die yskas stol.
Naaf se Kombuis: tradisionele resep, in ons eie woorde.
Op die kombuistafel (0)
Het jy dit gemaak? Wys ons! Voeg 'n foto by jou kommentaar. Die foto met die meeste lepels op word die hooffoto van hierdie resep.