Spring na die inhoud
Teken in
Vleis en bredies

Kerrie en rys

Naaf se Kombuis Suid-Afrika
Gedeel op 1 November 2026
  • 6 porsies
  • ± 2 uur
0 Boodskaplys

Die storie agter die resep

Die Sondag-kerrie van baie Afrikaanse huise, effens soet en nie te warm nie.

Voeg by my maaltydplan

Teken in om 'n maaltydplan te maak.

Bestanddele

  • 1 kg beesvleis, in blokkies
  • 30 ml olie
  • 2 uie, gekap
  • 2 knoffelhuisies
  • 30 ml kerriepoeier
  • 5 ml borrie
  • 2 tamaties, gekap
  • 2 aartappels, in blokkies
  • 30 ml blatjang
  • 15 ml appelkooskonfyt
  • 500 ml beesvleisaftreksel
  • Sout na smaak
  • Gaar rys om op te dien

Wat kort jy? 12 bestanddele.

Maak my boodskaplys
Mate omskakel
250 ml is 1 koppie (SA). 180 °C is 356 °F.

Metode

  1. Braai die vleis rondom bruin en skep uit.
  2. Soteer die uie en knoffel, roer die kerrie en borrie in en braai 'n minuut.
  3. Sit die vleis terug met die tamaties en aftreksel, maak toe en prut 'n uur.
  4. Voeg die aartappels, blatjang en konfyt by en prut tot sag.
  5. Geur en dien op met rys, piesangskywe en klapper.

Naaf se Kombuis: tradisionele resep, in ons eie woorde.

Op die kombuistafel (0)

Het jy dit gemaak? Wys ons! Voeg 'n foto by jou kommentaar. Die foto met die meeste lepels op word die hooffoto van hierdie resep.

Teken in om saam te gesels

Nog uit vleis en bredies

Deel Kerrie en rys

WhatsApp Facebook X Telegram E-pos