Tuisgemaakte boerewors
Gedeel op 1 November 2026
- ± 3 kg
- ± 2 uur
Voeg by my maaltydplan
Teken in om 'n maaltydplan te maak.
Bestanddele
- 2 kg beesvleis
- 1 kg varkvleis
- 250 g speklappe
- 45 ml koljander, gerooster en gemaal
- 30 ml sout
- 10 ml swartpeper
- 5 ml naeltjies, fyn
- 2 ml neutmuskaat
- 125 ml bruin asyn
- Wors-derms, geweek
Wat kort jy? 8 bestanddele.
Maak my boodskaplysMate omskakel
Metode
- Sny die vleis en spek in blokke en maal dit grof.
- Meng die speserye, giet die asyn oor en meng met die hand deeglik.
- Stop die mengsel in die derms sonder om dit te styf te pak.
- Draai in 'n spiraal en braai oor matige kole.
Naaf se Kombuis: tradisionele resep, in ons eie woorde.
Op die kombuistafel (0)
Het jy dit gemaak? Wys ons! Voeg 'n foto by jou kommentaar. Die foto met die meeste lepels op word die hooffoto van hierdie resep.