Ouma Gerry se skaapboud
Gedeel op 17 Oktober 2026
- 8 porsies
- ± 2½ uur
Voeg by my maaltydplan
Teken in om 'n maaltydplan te maak.
Bestanddele
- 2½–3 kg ontbeende skaapboud
- Sout en peper
- Braaivleisspeserye (opsioneel)
- Fyn appelkooskonfyt, met 'n bietjie asyn verdun
- ½–1 koppie room
Wat kort jy? 4 bestanddele.
Maak my boodskaplysMate omskakel
Metode
- Verhit die oond tot 180 °C.
- Vryf die boud binne en buite met sout, peper en speserye in, en smeer die konfyt oral oor.
- Bind die boud met tou vas.
- Sit dit op 'n groot stuk foelie (blink kant na binne), giet die room oor en vou die foelie so toe dat die room nie kan uitloop nie.
- Sit in 'n oondpan en bak sowat twee uur. Toets of dit gaar is en dien op.
Oorgeskryf uit “Onthou jy nog? Praktiese en heerlike Voortrekker-resepte”, saamgestel deur Anna Eksteen (2005).
Op die kombuistafel (0)
Het jy dit gemaak? Wys ons! Voeg 'n foto by jou kommentaar. Die foto met die meeste lepels op word die hooffoto van hierdie resep.