Bobotie
Gedeel op 16 Oktober 2026
- 4–6 porsies
- ± 1¼ uur
Die storie agter die resep
Een van die oudste geregte aan die Kaap, met sy wortels in die Kaaps-Maleise kombuis.
Voeg by my maaltydplan
Teken in om 'n maaltydplan te maak.
Bestanddele
- 1 dik sny witbrood
- 50 ml koue melk
- 500 g lamsmaalvleis
- 1 ui, fyngekap
- 5 ml sout
- 1 ml vars gemaalde swartpeper
- 2 ml knoffelvlokkies
- 10 ml matige kerriepoeier
- 1 ml borrie
- 12,5 ml blatjang
- 12,5 ml asyn
- 3 eiers
- 1 lourierblaar
- 12,5 ml mielieblom
- 12,5 ml koue water
- 350 ml kookmelk
Wat kort jy? 13 bestanddele.
Maak my boodskaplysMate omskakel
Metode
- Verhit die oond tot 160 °C. Week die brood in die melk en druk die oortollige melk uit.
- Meng die maalvleis met die ui, sout, peper, knoffel, die helfte van die kerrie, die borrie, blatjang, asyn, een eier en die brood.
- Skep in 'n gesmeerde oondbak, druk die lourierblaar in en bak 15 minute sodat 'n korsie vorm.
- Klits die ander twee eiers. Maak die mielieblom en die res van die kerrie met die koue water aan en roer dit by die eiers.
- Voeg die kookmelk geleidelik by en verhit liggies, terwyl jy roer, totdat dit effens verdik.
- Giet oor die vleis en bak nog 25 tot 30 minute op die middelste rak, tot ferm en ligbruin.
- Bedien warm met geelrys en blatjang.
Oorgeskryf uit “Onthou jy nog? Praktiese en heerlike Voortrekker-resepte”, saamgestel deur Anna Eksteen (2005).
Op die kombuistafel (0)
Het jy dit gemaak? Wys ons! Voeg 'n foto by jou kommentaar. Die foto met die meeste lepels op word die hooffoto van hierdie resep.