Spring na die inhoud
Teken in
Vleis en bredies

Waterblommetjiebredie

Naaf se Kombuis Suid-Afrika
Gedeel op 17 Oktober 2026
  • 6–8 porsies
  • ± 2½ uur
0 Boodskaplys

Die storie agter die resep

'n Egte Kaapse wintergereg, gemaak van die blommetjies wat in die vleie groei.

Voeg by my maaltydplan

Teken in om 'n maaltydplan te maak.

Bestanddele

  • 1,8 kg skaapvleis, in stukke
  • 50 ml olie
  • 50 ml botter
  • 4 groot uie, in skywe
  • 2 knoffelhuisies, gekneus
  • 250 ml vleisaftreksel
  • 250 ml witwyn
  • 8 klein aartappels
  • 10 ml sout
  • Vars gemaalde swartpeper
  • 500 g waterblommetjies
  • Soutwater om te week
  • 25 ml suurlemoensap

Wat kort jy? 11 bestanddele.

Maak my boodskaplys
Mate omskakel
250 ml is 1 koppie (SA). 180 °C is 356 °F.

Metode

  1. Braai die vleis rondom bruin in die warm olie en botter.
  2. Voeg die uie en knoffel by en soteer nog drie minute.
  3. Gooi die aftreksel en wyn by, bring tot kookpunt, draai laer en prut 90 minute.
  4. Voeg die aartappels, sout en peper by.
  5. Week die waterblommetjies in soutwater, was hulle goed en voeg hulle by. Prut nog 'n halfuur.
  6. Roer die suurlemoensap in net voor jy opdien.

Oorgeskryf uit “Onthou jy nog? Praktiese en heerlike Voortrekker-resepte”, saamgestel deur Anna Eksteen (2005).

Op die kombuistafel (0)

Het jy dit gemaak? Wys ons! Voeg 'n foto by jou kommentaar. Die foto met die meeste lepels op word die hooffoto van hierdie resep.

Teken in om saam te gesels

Nog uit vleis en bredies

Deel Waterblommetjiebredie

WhatsApp Facebook X Telegram E-pos