Kaapse brandewyntert
Gedeel op 2 November 2026
- 8 porsies
- ± 1¼ uur
Voeg by my maaltydplan
Teken in om 'n maaltydplan te maak.
Bestanddele
- 250 g dadels, gekap
- 5 ml koeksoda
- 250 ml kookwater
- 125 g botter
- 250 ml suiker
- 2 eiers
- 500 ml koekmeelblom
- 5 ml bakpoeier
- 2 ml sout
- 125 ml pekanneute
Stroop
- 250 ml suiker
- 15 ml botter
- 190 ml water
- 5 ml vanielje
- 125 ml brandewyn
Wat kort jy? 10 bestanddele.
Maak my boodskaplysMate omskakel
Metode
- Gooi die kookwater oor die dadels en koeksoda en laat afkoel.
- Room die botter en suiker en klits die eiers in.
- Meng die droë bestanddele, dadels en neute in.
- Bak sowat 40 minute by 180 °C.
- Kook die suiker, botter en water vyf minute, roer die vanielje en brandewyn in en giet oor die warm tert.
Naaf se Kombuis: tradisionele resep, in ons eie woorde.
Op die kombuistafel (0)
Het jy dit gemaak? Wys ons! Voeg 'n foto by jou kommentaar. Die foto met die meeste lepels op word die hooffoto van hierdie resep.