Beetslaai
Gedeel op 31 Oktober 2026
- 8 porsies
- ± 1 uur
Voeg by my maaltydplan
Teken in om 'n maaltydplan te maak.
Bestanddele
- 1 kg beet
- 1 ui, in dun ringe
- 125 ml asyn
- 60 ml suiker
- 125 ml water
- Sout en peper
Wat kort jy? 4 bestanddele.
Maak my boodskaplysMate omskakel
Metode
- Kook die beet sag, skil en sny in blokkies of skywe.
- Verhit die asyn, suiker en water tot die suiker opgelos is.
- Pak die beet en ui in 'n bak en giet die warm asynmengsel oor.
- Laat afkoel en verkoel.
Naaf se Kombuis: tradisionele resep, in ons eie woorde.
Op die kombuistafel (0)
Het jy dit gemaak? Wys ons! Voeg 'n foto by jou kommentaar. Die foto met die meeste lepels op word die hooffoto van hierdie resep.