Geelrys met rosyne
Gedeel op 16 Oktober 2026
- 6–8 porsies
- ± 40 minute
Die storie agter die resep
Bobotie se beste vriend.
Voeg by my maaltydplan
Teken in om 'n maaltydplan te maak.
Bestanddele
- 6 koppies kookwater
- 37,5 ml suiker
- 5 ml borrie
- 'n Bietjie kaneel
- 7 ml sout
- 500 ml rys
- 250 ml rosyne
Wat kort jy? 5 bestanddele.
Maak my boodskaplysMate omskakel
Metode
- Bring die water met die suiker, borrie, kaneel en sout tot kookpunt.
- Voeg die rys en rosyne by en kook tien minute vinnig.
- Draai baie laag en laat stadig gaarkook. Moenie roer nie.
Oorgeskryf uit “Onthou jy nog? Praktiese en heerlike Voortrekker-resepte”, saamgestel deur Anna Eksteen (2005).
Op die kombuistafel (0)
Het jy dit gemaak? Wys ons! Voeg 'n foto by jou kommentaar. Die foto met die meeste lepels op word die hooffoto van hierdie resep.