Spring na die inhoud
Teken in
Pasteie

Vissermanspastei

Naaf se Kombuis Suid-Afrika
Gedeel op 16 Oktober 2026
  • 6 porsies
  • ± 1 uur
0 Boodskaplys
Voeg by my maaltydplan

Teken in om 'n maaltydplan te maak.

Bestanddele

  • 25 ml olie
  • 1 groot ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 1 blik (410 g) gekapte tamaties
  • 5 ml suiker
  • Sout en peper
  • Skil en sap van 1 suurlemoen
  • 1 kg skelvis- of stokvisfilette
  • 25 ml gekapte pietersielie
  • 4 x 250 ml fyngedrukte gaar aartappels
  • 50 ml botter
  • 2 ekstra groot eiers, geklits
  • Gerasperde neutmuskaat
  • 5 ml Engelse mosterd

Wat kort jy? 13 bestanddele.

Maak my boodskaplys
Mate omskakel
250 ml is 1 koppie (SA). 180 °C is 356 °F.

Metode

  1. Verhit die olie en roerbraai die ui en knoffel tot sag. Voeg die tamaties, suiker, sout, peper, suurlemoenskil en -sap by.
  2. Lê die vis op die sous, maak toe en prut oor lae hitte tot die vis gaar is.
  3. Laat effens afkoel, haal die vis uit, verwyder vel en grate en vlok dit. Strooi die pietersielie oor.
  4. Meng die aartappels met die botter en eiers en geur met neutmuskaat, mosterd en sout.
  5. Pak die vis en sous in 'n oondbak, smeer die aartappel bo-oor en bak tot goudbruin.
  6. Gebruik jy skelvis, wees suinig met die sout in die aartappel.

Oorgeskryf uit “Onthou jy nog? Praktiese en heerlike Voortrekker-resepte”, saamgestel deur Anna Eksteen (2005).

Op die kombuistafel (0)

Het jy dit gemaak? Wys ons! Voeg 'n foto by jou kommentaar. Die foto met die meeste lepels op word die hooffoto van hierdie resep.

Teken in om saam te gesels

Nog uit pasteie

Deel Vissermanspastei

WhatsApp Facebook X Telegram E-pos