Spring na die inhoud
Teken in
Pasteie

Hoenderpastei

Naaf se Kombuis Suid-Afrika
Gedeel op 15 Oktober 2026
  • 6 porsies
  • ± 2 uur plus verkoel
0 Boodskaplys
Voeg by my maaltydplan

Teken in om 'n maaltydplan te maak.

Bestanddele

Kaasdeeg

  • 250 ml koekmeel
  • 2 ml sout
  • 5 ml mosterdpoeier
  • 125 g koue botter
  • 125 g gladde maaskaas

Vulsel

  • 675 g hoenderborsies, ontbeen en ontvel
  • 500 ml hoenderaftreksel
  • 60 g botter
  • 150 ml koekmeel
  • 375 ml melk
  • 45 ml sjerrie
  • Suurlemoensap, sout en swartpeper
  • 30 g botter
  • 1 ui, gekap
  • 3 wortels, in ringe
  • 2 klein selderystingels, in ringe
  • 125 ml ertjies
  • 45 ml vars pietersielie, gekap

Wat kort jy? 14 bestanddele.

Maak my boodskaplys
Mate omskakel
250 ml is 1 koppie (SA). 180 °C is 356 °F.

Metode

  1. Deeg: sif die droë bestanddele, vryf die botter in tot krummelrig en meng die maaskaas in tot 'n sagte deeg. Draai in kleefplastiek toe en verkoel 'n paar uur.
  2. Pocheer die hoender saggies in die aftreksel tot gaar. Haal uit, hou die aftreksel en sny die vleis in blokkies.
  3. Smelt die 60 g botter, roer die meel in en kook 'n minuut. Haal van die stoof af en klop 500 ml van die aftreksel in, dan die melk.
  4. Bring weer tot prutpunt terwyl jy klop. Voeg die hoender en sjerrie by, kook 'n minuut en geur met suurlemoensap, sout en peper.
  5. Verhit die oond tot 180 °C. Roerbraai die ui, wortels en seldery vyf minute in die 30 g botter en roer dit by die hoender, saam met die ertjies en pietersielie.
  6. Skep in 'n gesmeerde pasteibak, rol die deeg 3 mm dik uit, sit dit bo-op en bak 25 tot 30 minute.

Oorgeskryf uit “Onthou jy nog? Praktiese en heerlike Voortrekker-resepte”, saamgestel deur Anna Eksteen (2005).

Op die kombuistafel (0)

Het jy dit gemaak? Wys ons! Voeg 'n foto by jou kommentaar. Die foto met die meeste lepels op word die hooffoto van hierdie resep.

Teken in om saam te gesels

Nog uit pasteie

Deel Hoenderpastei

WhatsApp Facebook X Telegram E-pos