Spring na die inhoud
Teken in
Vleis en bredies

Tamatiebredie

Naaf se Kombuis Suid-Afrika
Gedeel op 17 Oktober 2026
  • 6 porsies
  • ± 3½ uur
0 Boodskaplys
Voeg by my maaltydplan

Teken in om 'n maaltydplan te maak.

Bestanddele

  • 10 ml sout
  • 5 ml vars gemaalde swartpeper
  • 3 ml wonderpeper
  • 5 ml fyn neutmuskaat
  • 2 ml borrie
  • 15 ml olie
  • 1,5 kg skaapribtjops of nekskywe
  • 2 uie, gekap
  • 1 kg tamaties, gekap
  • 5 ml suiker
  • 1 heel brandrissie
  • 5 ml droë basiliekruid
  • 2 aartappels, in kwarte
  • 3 ml karwysaad

Wat kort jy? 12 bestanddele.

Maak my boodskaplys
Mate omskakel
250 ml is 1 koppie (SA). 180 °C is 356 °F.

Metode

  1. Meng die sout en speserye en vryf dit goed oor die vleis.
  2. Braai die vleis in olie in 'n plat gietysterpot tot goudbruin.
  3. Voeg die uie by en braai tot sag en deurskynend, maar nie bruin nie.
  4. Gooi sowat 50 ml water by, maak toe en stowe 30 tot 45 minute lank oor lae hitte. Loer af en toe dat dit nie droogkook nie.
  5. Voeg die tamaties, suiker, brandrissie en basiliekruid by. Hou die deksel af totdat die meeste van die tamatiesap weggekook het, en maak dan weer toe.
  6. Prut 1½ tot 2 uur, tot die vleis sag is.
  7. Voeg die aartappels en karwysaad by en prut nog 'n halfuur.

Oorgeskryf uit “Onthou jy nog? Praktiese en heerlike Voortrekker-resepte”, saamgestel deur Anna Eksteen (2005).

Op die kombuistafel (0)

Het jy dit gemaak? Wys ons! Voeg 'n foto by jou kommentaar. Die foto met die meeste lepels op word die hooffoto van hierdie resep.

Teken in om saam te gesels

Nog uit vleis en bredies

Deel Tamatiebredie

WhatsApp Facebook X Telegram E-pos