Groenboontjiebredie
Gedeel op 1 November 2026
- 6 porsies
- ± 2½ uur
Voeg by my maaltydplan
Teken in om 'n maaltydplan te maak.
Bestanddele
- 1,5 kg skaapnek of -skenkel
- 30 ml olie
- 2 uie, gekap
- 1 kg groenboontjies, gekerf
- 4 aartappels, in blokkies
- 10 ml sout
- 5 ml peper
- 2 ml neutmuskaat
- 250 ml water
Wat kort jy? 6 bestanddele.
Maak my boodskaplysMate omskakel
Metode
- Braai die vleis in die olie rondom bruin.
- Voeg die uie by en soteer tot sag.
- Gooi die water by, maak toe en stowe 'n uur.
- Voeg die boontjies en aartappels by en stowe tot sag.
- Geur met sout, peper en neutmuskaat en druk 'n deel van die groente fyn sodat die sous dik word.
Naaf se Kombuis: tradisionele resep, in ons eie woorde.
Op die kombuistafel (0)
Het jy dit gemaak? Wys ons! Voeg 'n foto by jou kommentaar. Die foto met die meeste lepels op word die hooffoto van hierdie resep.