Spring na die inhoud
Teken in
Vleis en bredies

Denningvleis

Naaf se Kombuis Suid-Afrika
Gedeel op 17 Oktober 2026
  • 4–6 porsies
  • ± 2 uur
0 Boodskaplys

Die storie agter die resep

'n Kaaps-Maleise gereg; die naam beteken “gegeurde vleis”. Geen tamaryn nie? Gebruik 'n bietjie suurlemoensap of 'n kwartkoppie asyn.

Voeg by my maaltydplan

Teken in om 'n maaltydplan te maak.

Bestanddele

  • 12,5 ml skaapvet
  • 2 knoffelhuisies, gekneus
  • 2 uie, in ringe
  • 10 ml suiker
  • 1 kg skaapdunrib of boud, in blokkies
  • 4 heel naeltjies
  • 4 wonderpeperkorrels
  • 2 lourierblare
  • Sout en peper
  • 2 ml fyn neutmuskaat
  • 125 ml water
  • 2,5 ml tamaryn
  • Nog 125 ml water

Wat kort jy? 11 bestanddele.

Maak my boodskaplys
Mate omskakel
250 ml is 1 koppie (SA). 180 °C is 356 °F.

Metode

  1. Smelt die vet in 'n swaarboomkastrol en voeg die knoffel en uie by. Strooi die suiker oor en smoor totdat die uie goudkleurig is. Skep uit.
  2. Braai die vleis in dieselfde kastrol totdat dit begin verkleur.
  3. Voeg die speserye, sout, peper en neutmuskaat by, skep die uie terug en gooi 125 ml water in.
  4. Maak toe en stowe 1 tot 1½ uur, totdat die vleis baie sag is.
  5. Week intussen die tamaryn in die ander 125 ml water en syg dit.
  6. Voeg die tamarynwater by die vleis en stowe nog 'n rukkie sodat die geure kan saamsmelt. Bedien met rys of aartappels.

Oorgeskryf uit “Onthou jy nog? Praktiese en heerlike Voortrekker-resepte”, saamgestel deur Anna Eksteen (2005).

Op die kombuistafel (0)

Het jy dit gemaak? Wys ons! Voeg 'n foto by jou kommentaar. Die foto met die meeste lepels op word die hooffoto van hierdie resep.

Teken in om saam te gesels

Nog uit vleis en bredies

Deel Denningvleis

WhatsApp Facebook X Telegram E-pos