Koffiekoekies met vulsel
Gedeel op 2 November 2026
- ± 30 koekies
- ± 1½ uur
Voeg by my maaltydplan
Teken in om 'n maaltydplan te maak.
Bestanddele
- 250 g botter
- 250 ml suiker
- 30 ml sterk koffie-ekstrak
- 1 eier
- 750 ml koekmeelblom
- 5 ml bakpoeier
Vulsel
- 125 g botter
- 500 ml versiersuiker
- 15 ml koffie-ekstrak
Wat kort jy? 8 bestanddele.
Maak my boodskaplysMate omskakel
Metode
- Room die botter en suiker en klits die koffie-ekstrak en eier in.
- Sif die meel en bakpoeier by en meng tot 'n deeg.
- Rol uit, druk ronde koekies uit en bak 12 minute by 180 °C.
- Klop die vulselbestanddele tot romerig.
- Plak die koue koekies twee-twee met die vulsel aanmekaar.
Naaf se Kombuis: tradisionele resep, in ons eie woorde.
Op die kombuistafel (0)
Het jy dit gemaak? Wys ons! Voeg 'n foto by jou kommentaar. Die foto met die meeste lepels op word die hooffoto van hierdie resep.