Gemmerbier
Gedeel op 17 Oktober 2026
- ± 10 liter
- 3 dae
Voeg by my maaltydplan
Teken in om 'n maaltydplan te maak.
Bestanddele
- 20 ml gemaalde gemmer
- 10 liter louwarm water
- 1,6 kg witsuiker
- 150 g rosyne
- 10 g aktiewe droëgis
- 10 ml kremetart
- 10 ml wynsteensuur
Wat kort jy? 6 bestanddele.
Maak my boodskaplysMate omskakel
Metode
- Roer die gemmer en suiker in die water tot die suiker opgelos is.
- Voeg die res van die bestanddele by en giet alles in 'n plastiekemmer met 'n deksel. Laat 24 uur gis.
- Syg dit en giet in gesteriliseerde bottels. Moenie die bottels te vol maak nie.
- Sit twee of drie rosyne in elke bottel en draai die proppies los vas.
- Laat 'n dag of twee by kamertemperatuur gis en bêre dan in die yskas.
Oorgeskryf uit “Onthou jy nog? Praktiese en heerlike Voortrekker-resepte”, saamgestel deur Anna Eksteen (2005).
Op die kombuistafel (0)
Het jy dit gemaak? Wys ons! Voeg 'n foto by jou kommentaar. Die foto met die meeste lepels op word die hooffoto van hierdie resep.