Tamatiesopkoek
Gedeel op 2 November 2026
- 1 koek
- ± 1¼ uur
Die storie agter die resep
Niemand raai ooit wat die geheime bestanddeel is nie.
Voeg by my maaltydplan
Teken in om 'n maaltydplan te maak.
Bestanddele
- 125 g botter
- 250 ml suiker
- 2 eiers
- 1 blik (515 g) tamatiesop
- 500 ml koekmeelblom
- 10 ml bakpoeier
- 5 ml koeksoda
- 5 ml kaneel
- 5 ml gemengde speserye
- 250 ml rosyne
Wat kort jy? 10 bestanddele.
Maak my boodskaplysMate omskakel
Metode
- Verhit die oond tot 180 °C en smeer 'n koekpan.
- Room die botter en suiker en klits die eiers een vir een in.
- Roer die koeksoda by die sop.
- Sif die droë bestanddele en voeg dit om die beurt met die sop by.
- Roer die rosyne in en bak sowat 50 minute.
Naaf se Kombuis: tradisionele resep, in ons eie woorde.
Op die kombuistafel (0)
Het jy dit gemaak? Wys ons! Voeg 'n foto by jou kommentaar. Die foto met die meeste lepels op word die hooffoto van hierdie resep.