Pens en pootjies
Gedeel op 1 November 2026
- 8 porsies
- ± 4 uur
Die storie agter die resep
'n Plaasgereg vir mense wat niks laat mors nie.
Voeg by my maaltydplan
Teken in om 'n maaltydplan te maak.
Bestanddele
- 2 kg skoongemaakte skaappens, in stukke
- 4 skaappootjies
- 2 uie, gekap
- 2 lourierblare
- 6 naeltjies
- 10 ml kerriepoeier
- 5 aartappels
- Sout en peper
Wat kort jy? 7 bestanddele.
Maak my boodskaplysMate omskakel
Metode
- Bedek die pens en pootjies met water en bring tot kookpunt.
- Skep die skuim af, voeg die uie, lourier en naeltjies by en prut 3 uur lank tot sag.
- Roer die kerrie in en voeg die aartappels by.
- Prut tot die aartappels gaar is en die sous dik, en geur.
Naaf se Kombuis: tradisionele resep, in ons eie woorde.
Op die kombuistafel (0)
Het jy dit gemaak? Wys ons! Voeg 'n foto by jou kommentaar. Die foto met die meeste lepels op word die hooffoto van hierdie resep.