Spring na die inhoud
Teken in
Sop

Boontjiesop met spekblokkies

Naaf se Kombuis Suid-Afrika
Gedeel op 16 Oktober 2026
  • 8 porsies
  • ± 3½ uur plus week
0 Boodskaplys
Voeg by my maaltydplan

Teken in om 'n maaltydplan te maak.

Bestanddele

  • 500 g droë suikerbone, oornag geweek
  • 250 g gerookte spek, in blokkies
  • 1 varkpootjie
  • 2,5 liter water
  • 1 groot ui, gekap
  • 1 wortel, grof gerasper
  • 65 g tamatiepasta
  • 2 lourierblare
  • 6 wonderpeperkorrels
  • 3 heel naeltjies
  • 'n Paar takkies pietersielie
  • 10 ml bruinasyn
  • 2 knoffelhuisies
  • Sout en swartpeper

Wat kort jy? 12 bestanddele.

Maak my boodskaplys
Mate omskakel
250 ml is 1 koppie (SA). 180 °C is 356 °F.

Metode

  1. Spoel die bone af en dreineer. Dompel die varkpootjie vinnig in kookwater en was dit goed.
  2. Braai die spek in 'n groot kastrol oor lae hitte tot bros en skep uit.
  3. Braai die varkpootjie in dieselfde kastrol rondom bruin.
  4. Voeg die bone en water by, bring tot kookpunt en skep die skuim af.
  5. Voeg die res van die bestanddele by, behalwe die sout en peper. Prut met die deksel op 2½ tot 3 uur, tot die bone sag is.
  6. Haal die varkpootjie uit, druk 'n deel van die bone fyn en geur. Strooi die spek oor met opdien.

Oorgeskryf uit “Onthou jy nog? Praktiese en heerlike Voortrekker-resepte”, saamgestel deur Anna Eksteen (2005).

Op die kombuistafel (0)

Het jy dit gemaak? Wys ons! Voeg 'n foto by jou kommentaar. Die foto met die meeste lepels op word die hooffoto van hierdie resep.

Teken in om saam te gesels

Nog uit sop

Deel Boontjiesop met spekblokkies

WhatsApp Facebook X Telegram E-pos