Spring na die inhoud
Deel Teken in Sluit aan

Oor Naaf

Die naaf is die middel van die wawiel, die plek waar al die speke bymekaarkom. Sonder die naaf val die wiel uitmekaar; met die naaf dra elke speek sy deel en rol die wa vorentoe. Naaf wil daardie middelpunt wees: 'n plek waar Afrikaanse mense, hier en oral oor die wêreld, bymekaarkom, ons taal praat en ons kultuur bewaar.

Ons begin by die kombuis, want dis waar baie van ons herinneringe lê. Ouma se melktert, die beskuit in die blik, die potjie wat oupa elke Desember gemaak het. As ons dit nie neerskryf en deel nie, raak dit stilletjies verlore. Maar Naaf gaan oor meer as kos. Dit gaan oor die mense agter die resepte, en daarom sal Naaf mettertyd groei, speek vir speek.

Waar die eerste resepte vandaan kom

Die eerste resepte op Naaf is in ons eie woorde oorgeskryf uit Onthou jy nog? Praktiese en heerlike Voortrekker-resepte, 'n versameling wat Anna Eksteen in 2005 saamgestel het, en wat ook op die Peter-jasies-webwerf gedeel is. Die hoeveelhede is uit haar versameling; die bewoording is ons s'n. Ons is baie dankbaar vir haar werk om hierdie resepte te bewaar.

Hoe werk dit?

Enigeen kan aansluit en resepte deel. Gee 'n lepel op as 'n resep vir jou smaak, of 'n lepel af as dit nie jou koppie tee is nie. Wys jou eie foto as jy iemand anders se resep gemaak het, en vertel in die kommentaar hoe dit gegaan het.

Hou dit vriendelik. Ons is almal speke van dieselfde wiel.