Blomkool met kaassous
Gedeel op 31 Oktober 2026
- 6 porsies
- ± 45 minute
Voeg by my maaltydplan
Teken in om 'n maaltydplan te maak.
Bestanddele
- 1 blomkool, in blommetjies
- 30 g botter
- 30 ml koekmeelblom
- 375 ml melk
- 250 ml cheddarkaas, gerasper
- 5 ml mosterd
- Sout en peper
Wat kort jy? 6 bestanddele.
Maak my boodskaplysMate omskakel
Metode
- Kook die blomkool net sag en pak in 'n oondbak.
- Smelt die botter, roer die meel in, voeg die melk by en kook tot dik.
- Roer die meeste van die kaas en die mosterd in en geur.
- Giet oor, strooi die res van die kaas oor en bak 20 minute by 200 °C.
Naaf se Kombuis: tradisionele resep, in ons eie woorde.
Op die kombuistafel (0)
Het jy dit gemaak? Wys ons! Voeg 'n foto by jou kommentaar. Die foto met die meeste lepels op word die hooffoto van hierdie resep.