Kaapse koesisters
Gedeel op 31 Oktober 2026
- ± 30 stukke
- ± 3 uur
Die storie agter die resep
Die Kaaps-Maleise neef van die koeksister: sag, gespeserd en in klapper gerol.
Voeg by my maaltydplan
Teken in om 'n maaltydplan te maak.
Bestanddele
- 1 kg koekmeelblom
- 10 g kitsgis
- 15 ml gemmer
- 10 ml kaneel
- 10 ml gemengde speserye
- 5 ml anyssaad
- 2 ml kardemom
- 125 ml suiker
- 60 g botter
- 2 eiers
- ± 500 ml louwarm melk
- Olie om te braai
Stroop
- 500 ml suiker
- 500 ml water
- Klapper
Wat kort jy? 13 bestanddele.
Maak my boodskaplysMate omskakel
Metode
- Meng die droë bestanddele, vryf die botter in en meng die eiers en melk in tot 'n sagte deeg.
- Laat rys tot dubbel die grootte.
- Vorm ovaal bolletjies en laat weer kort rys.
- Braai stadig in matige olie tot goudbruin en gaar.
- Kook die suiker en water tot stroop, doop die koesisters in die warm stroop en rol in klapper.
Naaf se Kombuis: tradisionele resep, in ons eie woorde.
Op die kombuistafel (0)
Het jy dit gemaak? Wys ons! Voeg 'n foto by jou kommentaar. Die foto met die meeste lepels op word die hooffoto van hierdie resep.